Skinder Sien ook Gerug; Kwaadsprekery Om persoonlike feite of inligting mee te deel oor ’n ander persoon sonder daardie persoon se toestemming. Van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee, Matt. 12:36. Heiliges word vermaan om nie praatsiek en bemoeisiek te wees nie, want hulle praat wat nie behoorlik is nie, 1 Tim. 5:11–14. Jy mag nie van jou naaste kwaadspreek nie, L&V 42:27. Versterk jou broers in al jou gesprekke, L&V 108:7.