Moeder Sien ook Eva; Gesin; Ouers ’n Heilige titel wat na ’n vrou verwys wat kinders baar of aanneem. Moeders help in God se plan deur sterflike liggame te voorsien vir God se geesteskinders. Adam het sy vrou se naam Eva genoem, omdat sy die moeder was van alles wat lewe, Gén. 3:20 (Moses 4:26). Eer jou vader en jou moeder, Ex. 20:12 (Efés. 6:1–3; Mosia 13:20). Verwerp die onderwysing van jou moeder nie, Spr. 1:8. ’n Dwase mens verag sy moeder, Spr. 15:20 (Spr. 10:1). Verag jou moeder nie as sy oud geword het nie, Spr. 23:22. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar, Spr. 31:28. En by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder, Joh. 19:25–27. Tweeduisend Lamanitiese krygsmanne is deur hulle moeders geleer, Alma 56:47 (Alma 57:21). Ons Moeder Eva was onder die groot en magtiges wat die Here opgelei het in die geesteswêreld, L&V 138:38–39.