Aäron, Broer van Moses Sien ook Aäroniese Priesterskap; Moses In die Ou Testament, ’n seun van Amram en Jogébed, van die stam van Levi (Ex. 6:16–20); die ouer broer van Moses (Ex. 7:7). Is aangestel deur die Here om Moses by te staan om die kinders van Israel uit Egipte te bring en om sy woordvoerder te wees, Ex. 4:10–16, 27–31; 5:1–12:51. Op berg Sinai het Moses aanwysings ontvang oor die aanstelling van Aäron en sy vier seuns tot die Aäroniese Priesterskap, Ex. 28:1–4. Het ’n goue kalf gemaak op die volk se versoek, Ex. 32:1–6, 21, 24, 35. Het gesterf op berg Hor in die ouderdom van 123, Núm. 20:22–29 (Núm. 33:38–39). Die Here het ook ’n priesterskap gevestig op Aäron en sy nageslag, L&V 84:18, 26–27, 30. Diegene wat priesterskaproepings verheerlik, word die seuns van Moses en van Aäron, L&V 84:33–34.