Die wette en vereistes wat God gee aan die mensdom, óf persoonlik óf gesamentlik. Deur die gebooie te onderhou, sal die gehoorsames seëninge ontvang van die Here (L&V 130:21 ).
Wees onbeweeglik in die onderhouding van die gebooie, 1 Ne. 2:10 .
Die Here gee geen gebooie behalwe dat Hy ’n weg vir hulle sal voorberei nie, 1 Ne. 3:7 .
Ek moet handel volgens die streng gebooie van God, Jakob 2:10 .
In soverre julle my gebooie sal onderhou, sal julle voorspoedig wees in die land, Jarom 1:9 (Alma 9:13 ; 50:20 ).
Leer in jou jeug om die gebooie van God te onderhou, Alma 37:35 .
Hierdie gebooie is van My, L&V 1:24 .
Ondersoek hierdie gebooie, L&V 1:37 .
Diegene wat nie die gebooie onderhou nie, kan nie gered word nie, L&V 18:46 (L&V 25:15 ; 56:2 ).
My gebooie is geestelik; hulle is nie natuurlik of stoflik nie, L&V 29:35 .
Gebooie word gegee sodat ons die Here se wil mag verstaan, L&V 82:8 .
Ek weet nie, behalwe dat die Here my beveel het, Moses 5:6 .
Die Here sal mense beproef om te sien of hulle alles sal doen wat Hy hulle beveel, Abr. 3:25 .