Werke ’n Persoon se handelinge, hetsy goed of sleg. Elke persoon sal geoordeel word deur sy eie werke. Die Here sal die mens vergeld na sy werk, Spr. 24:12. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien, Matt. 5:16 (3 Ne. 12:16). Hy wat die wil doen van my Vader, sal ingaan in die koninkryk van die hemele, Matt. 7:21. Geloof sonder werke is dood, Jak. 2:14–26. Hulle moet geoordeel word volgens hulle werke, 1 Ne. 15:32 (Mosia 3:24). Ons weet dat dit deur genade is dat ons gered is na alles wat ons kan doen, 2 Ne. 25:23. Leer hulle om nooit moeg te word vir goeie werke nie, Alma 37:34. Dit is noodsaaklik dat mense geoordeel word volgens hulle werke, Alma 41:3. Aan hulle werke sal jy hulle ken, Moro. 7:5 (L&V 18:38). Ek, die Here, sal alle mense oordeel volgens hulle werke, L&V 137:9.