Vertroue Sien ook Geloof, Glo; Vertrou Om ’n versekering, geloof of vertroue te hê in iets, veral God en Jesus Christus. Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou, Ps. 118:8. Die Here sal jou vertroue wees, Spr. 3:26. Wanneer Christus sal verskyn, mag ons vrymoedigheid hê, 1 Joh. 2:28. Die bose Nefiete het die vertroue van hul kinders verloor, Jakob 2:35. Dan sal jou vertroue toeneem in die teenwoordigheid van God, L&V 121:45.