Woodruff, Wilford Sien ook Amptelike Verklaring 1; Manifes Die vierde President van die Kerk ná die Herstelling van die evangelie deur die Profeet Joseph Smith. Hy is in 1807 gebore en het in 1898 gesterf. Is geroep om ’n posisie te vul in die Raad van die Twaalf, L&V 118:6. Was onder die uitverkore geeste wat bestem is om voort te kom in die volheid van die tye, L&V 138:53. Ontvang ’n openbaring om meervoudige huwelike in die Kerk te beëindig, AV 1.