Gruwel, Gruwelik Sien ook Sonde In die skrifture, iets wat weersin of haat laat ontstaan in die regverdiges en reines. Valse lippe is ’n gruwel vir die Here, Spr. 12:22. Hoogmoed is gruwelik voor die aangesig van die Here, Jakob 2:13–22. Die bose word oorgelewer aan ’n visioen van hulle eie gruwels, Mosia 3:25. Onkuisheid is die gruwelikste van alle sondes behalwe moord en om die Heilige Gees te verloën, Alma 39:3–5. Die toorn van die Here word ontstoke teen hulle gruwels, L&V 97:24.