Maria Magdaléna ’n Vrou in die Nuwe Testament wat ’n toegewyde dissipel van Jesus Christus geword het. Magdaléna verwys na Mágdala, die plek waarvandaan hierdie Maria gekom het. Dit is geleë aan die weskus van die See van Galiléa. Sy was naby die kruis, Matt. 27:56 (Mark. 15:40; Joh. 19:25). Sy was by Christus se begrafnis, Matt. 27:61 (Mark. 15:47). Sy was by die graf die oggend van die opstanding, Matt. 28:1 (Mark. 16:1; Lk. 24:10; Joh. 20:1, 11). Jesus het eerste aan haar verskyn na sy opstanding, Mark. 16:9 (Joh. 20:14–18). Sewe duiwels het uit haar gegaan, Lk. 8:2.