Ismael, Skoonvader van Nefi Sien ook Lehi, Vader van Nefi ’n Man in die Boek van Mormon wat met sy gesin by Lehi se gesin aangesluit het op hulle reis na die beloofde land. Nefi en sy broers het teruggekeer na Jerusalem en het vir Ismael en sy gesin oorreed om vir Lehi en sy gesin te vergesel na die beloofde land, 1 Ne. 7:2–5. Die twee gesinne het ondertrou, 1 Ne. 16:7. Ismael het in die wildernis gesterf, 1 Ne. 16:34.