Sem
In die Ou Testament, ’n regverdige seun van Noag, en volgens oorlewering, die voorvader van die Semitiese volke, insluitende die Arabiere, Hebreërs, Babiloniërs, Arameërs, Fenisiërs en Assiriërs (Gén. 5:29–32; 6:10; 7:13; 9:26; 10:21–32; Moses 8:12). In openbarings van die laaste dae word Sem na verwys as die “groot hoëpriester” (L&V 138:41).