Broers Sien ook Mens die, Mense; Suster; Vrou, Vroue As kinders van ons Hemelse Vader is alle mans en vrouens geestelike broers en susters. In die Kerk word manlike lede en vriende van die Kerk dikwels aangespreek as broers. As jy eendag bekeerd is, versterk jou broers, Lk. 22:32. Hy wat sy broer nie liefhet nie, bly in die dood, 1 Joh. 3:10–17. Dink aan julle broers soos aan julleself, Jakob 2:17. Laat elkeen sy broer hoog ag soos homself, L&V 38:24–25. Versterk jou broers in al jou gesprekke, L&V 108:7.