Genees, Genesings Sien ook Salf; Salwing van die Siekes Om weer gesond te maak, beide fisies en geestelik. Die skrifture bevat baie voorbeelde van wonderbaarlike genesings deur die Here en sy diensknegte. Ek is die Here wat jou gesond maak, Ex. 15:26. Naäman het sewe maal in die Jordaanrivier ondergeduik, en hy het rein geword, 2 Kon. 5:1–14. Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom, Jes. 53:5 (Mosia 14:5). Die son van geregtigheid sal opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees, Mal. 4:2. Jesus het elke siekte en elke kwaal genees, Matt. 4:23 (Matt. 9:35). Hy het aan hulle mag gegee om elke siekte en elke kwaal te genees, Matt. 10:1. Hy het My gestuur om dié wat verbryseld van hart is, te genees, Lk. 4:18. Hulle is genees deur die krag van die Lam van God, 1 Ne. 11:31. As jy glo in die verlossing van Christus, kan jy genees word, Alma 15:8. Hy het hulle genees, elkeen van hulle, 3 Ne. 17:9. Hy wat geloof in My het om genees te word, sal genees word, L&V 42:48. In my Naam sal hulle die siekes genees, L&V 84:68. Ons glo aan die gawes van genesing, Gel. Art. 1:7.