Vrou, Vroue Sien ook Broers, Broer; Mens die, Mense; Suster ’n Volwasse vroulike persoon, ’n dogter van God. Die term Vrou word somtyds in die skrifture gebruik as ’n titel van respek (Joh. 19:26; Alma 19:10). God het die man en die vrou geskape, Gén. 1:27 (Moses 2:27; 6:9; Abr. 4:27). ’n Deugsame vrou se waarde is ver bo korale, Spr. 31:10–31. Die vrou is die heerlikheid van die man, 1 Kor. 11:7. In die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie, 1 Kor. 11:11. Vroue moet hulle versier met beskeidenheid, 1 Tim. 2:9–10. Ek, die Here God, skep behae in die kuisheid van vroue, Jakob 2:28. Jou sondes is jou vergewe, en jy is ’n uitverkore dame, L&V 25:3. Vroue het aanspraak op hulle mans vir onderhoud, L&V 83:2.