Moed, Moedig Sien ook Geloof, Glo; Vrees Om nie bevrees te wees nie, veral om te doen wat reg is. Wees sterk en vol moed, Deut. 31:6 (Jos. 1:6–7). Julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan, Jos. 23:6. God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, 2 Tim. 1:7. Toe hy hoor, het sy hart begin om moed te skep, Alma 15:4 (Alma 62:1). Die seuns van Helaman was uitermate dapper in moed, Alma 53:20–21. Nooit het ek sulke groot moed gesien nie, Alma 56:45. Hou moed, broers, en vooruit, vooruit na die oorwinning, L&V 128:22.