Zarahemla Sien ook Ammon, Afstammeling van Zarahemla; Mulek In die Boek van Mormon verwys Zarahemla na (1) ’n man wat Mulek se groep gelei het, (2) ’n stad wat na hom vernoem is, (3) die land Zarahemla, of (4) die mense wat hom gevolg het. Zarahemla het gejubel dat die Here die Nefiete gestuur het, Omni 1:14. Zarahemla het ’n geslagsregister gegee van die vaders, Omni 1:18. Ammon was ’n afstammeling van Zarahemla, Mosia 7:3, 13. Die Kerk was in die stad Zarahemla gevestig, Alma 5:2. Vanweë die regverdiges is die bose gered in Zarahemla, Hel. 13:12. Die stad Zarahemla is verbrand ten tyde van Christus se dood, 3 Ne. 8:8, 24.