Sterflik, Sterflikheid Sien ook Dood, Fisiese; Liggaam; Val van Adam en Eva; Wêreld Die tyd vanaf geboorte tot fisiese dood. Dit word somtyds die tweede staat genoem. Die dag as jy daarvan eet sal jy sekerlik sterwe, Gén. 2:16–17 (Moses 3:16–17). Met die dood sal die gees terugkeer na God en die liggaam na die stof van die aarde, Pred. 12:7 (Gén. 3:19; Moses 4:25). Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers nie, Rom. 6:12. Hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, 1 Kor. 15:53 (Enos 1:27; Mosia 16:10; Morm. 6:21). Die mens se toestand het ’n toestand van toetsing geword, 2 Ne. 2:21 (Alma 12:24; 42:10). Adam het geval dat die mens mag wees, 2 Ne. 2:25. Kyk julle vorentoe en beskou hierdie sterflike liggaam wat in onsterflikheid opgewek word, Alma 5:15. Hierdie lewe is die tyd om voor te berei om God te ontmoet, Alma 34:32. Moenie die dood vrees nie, want jou vreugde is nie volledig in hierdie wêreld nie, L&V 101:36. Diegene wat hulle tweede staat behou, sal heerlikheid hê, Abr. 3:26.