Amen
Beteken “mag dit so wees” of “so is dit”. Amen word gesê om opregte en plegtige aanvaarding en samestemming te toon (Deut. 27:14–26) of waaragtigheid (1 Kon. 1:36). Vandag, aan die einde van gebede, getuienisse, en praatjies, sê diegene wat die gebed of boodskap gehoor het ’n hoorbare amen om samestemming en aanvaarding aan te toon.
In Ou Testamentiese tye moes ’n persoon amen sê wanneer hy ’n eed aflê (1 Kron. 16:7, 35–36; Neh. 5:12–13; 8:2–7). Christus word genoem “die Amen, die gelowige en waaragtige Getuie” (Openb. 3:14). Amen het ook gedien as die teken van ’n verbond in die Skool van die Profete (L&V 88:133–135).