Leer van Christus Sien ook Evangelie; Plan van Verlossing Die beginsels en leerstellings van die evangelie van Jesus Christus. Laat my leer drup soos die reën, Deut. 32:2. Die murmureerders sal lering aanneem, Jes. 29:24. Die skare was verslae oor sy leer, Matt. 7:28. My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het, Joh. 7:16. Die hele Skrif is nuttig tot lering, 2 Tim. 3:16. Dit is die leer van Christus, en die enigste en waaragtige leer van die Vader, 2 Ne. 31:21 (2 Ne. 32:6). Daar sal geen twiste onder julle wees aangaande die punte van my leer nie, 3 Ne. 11:28, 32, 35, 39–40. Satan stook die harte van die mense op tot twis aangaande die punte van my leer, L&V 10:62–63, 67. Onderrig kinders in die leer van bekering, geloof in Christus, doop, en die gawe van die Heilige Gees, L&V 68:25. Onderrig mekaar die leer van die koninkryk, L&V 88:77–78. Die leer van die priesterskap sal op jou siel drup, L&V 121:45.