Hábakuk
’n Ou Testamentiese profeet in Juda wat gepraat het oor die sondigheid van die volk, moontlik gedurende die heerskappy van Jójakin (ongeveer 600 v.C.).
Die boek van Hábakuk
Hoofstuk 1 is ’n gesprek tussen die Here en sy profeet, soortgelyk aan dié in Jeremia 12 en Leer en Verbonde 121. Hábakuk was verontrus dat die bose skynbaar voorspoedig is. In hoofstuk 2 het die Here vir Hábakuk aangeraai om geduldig te wees—die regverdiges moet leer om deur geloof te lewe. Hoofstuk 3 teken Hábakuk se gebed aan waarin hy God se geregtigheid erken het.