Kennis Sien ook Begrip; Waarheid; Wysheid Begrip en insig, veral van waarheid soos onderrig en bevestig deur die Gees. Die Here is ’n God van kennis, 1 Sam. 2:3. Die Here is volmaak in kennis, Job 37:16. Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis, Spr. 1:7. Wie sy woorde inhou, besit kennis, Spr. 17:27. Die aarde sal vol wees van die kennis van die Here, Jes. 11:9 (2 Ne. 21:9; 30:15). Julle het die sleutel van die kennis weggeneem, Lk. 11:52. Die liefde van Christus oortref die kennis, Efés. 3:19. Voeg by julle geloof die deug, en by die deug die kennis, 2 Petr. 1:5. Nefi het ’n groot kennis gehad van die goedheid van God, 1 Ne. 1:1. Hulle sal kom tot ’n kennis van hulle Verlosser, 2 Ne. 6:11. Die regverdiges sal ’n volmaakte kennis hê van hulle regverdigheid, 2 Ne. 9:14. Die Gees gee kennis, Alma 18:35. Julle kennis is volmaak in daardie ding, Alma 32:34. Die Lamaniete sal gebring word tot die ware kennis van hulle Verlosser, Hel. 15:13. Julle mag met ’n volmaakte kennis weet dat dit van God is, Moro. 7:15–17. Die Heiliges sal groot skatte van kennis vind, L&V 89:19. Suiwer kennis bevorder die siel grootliks, L&V 121:42. Hy wat die sleutels van die heilige priesterskap het, het geen probleem om kennis te verkry van feite nie, L&V 128:11. As ’n persoon in hierdie wêreld kennis verwerf, het hy ’n voordeel in die wêreld wat kom, L&V 130:19. Dit is onmoontlik om in onkunde gered te word, L&V 131:6.