Onderskeiding, Gawe van Sien ook Gawes van die Gees Om iets te verstaan of te weet deur die mag van die Gees. Die gawe van onderskeiding is een van die gawes van die Gees. Dit sluit in om die ware aard van mense waar te neem asook die oorsprong en betekenis van geestelike openbarings. Die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan, 1 Sam. 16:7. Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, Jes. 5:20 (2 Ne. 15:20). Die dinge van God word geestelik onderskei, 1 Kor. 2:14. Aan sommige mense word gegee die gawe van onderskeiding van die geeste, 1 Kor. 12:10. Ammon kon sy gedagtes onderskei, Alma 18:18. Die stil stem het hulle deurdring wat gehoor het, 3 Ne. 11:3. Dat julle nie bedrieg mag word nie, soek die beste gawes, L&V 46:8, 23. Kerkleiers word die mag gegee om die gawes van die Gees te onderskei, L&V 46:27. Daardie liggaam wat met lig gevul is, verstaan alle dinge, L&V 88:67. Moses het die aarde aanskou, en dit onderskei deur die Gees van God, Moses 1:27.