Studiehulp
Hebreërs, Sendbrief aan


Hebreërs, Sendbrief aan

’n Boek in die Nuwe Testament. Paulus het hierdie brief aan die Joodse lede van die Kerk geskryf om hulle te oortuig dat beduidende aspekte van die wet van Moses vervul is in Christus en dat dit vervang is deur die hoër evangeliese wet van Christus. Toe Paulus aan die einde van sy derde sending na Jerusalem teruggekeer het (ongeveer 60 n.C.) het hy gevind dat baie Joodse lede van die Kerk steeds die wet van Moses onderhou het (Hand. 21:20). Dit was ten minste tien jaar na ’n konferensie van die Kerk by Jerusalem waartydens bepaal is dat sekere ordinansies van die wet van Moses nie nodig was vir die heil van nie-Joodse Christene nie. Klaarblyklik het Paulus kort daarna aan die Hebreërs geskryf om aan hulle te toon deur hulle eie skrifture en deur gesonde verstand, waarom hulle nie langer die wet van Moses moes beoefen nie.

Hoofstuk 1 en 2 verduidelik dat Jesus groter is as die engele. Hoofstuk 3–7 vergelyk Jesus met Moses en met die wet van Moses en getuig dat Hy groter is as beide. Hulle leer ook dat die Melgisédekse Priesterskap groter is as die Aäroniese. Hoofstuk 8–9 beskryf hoe die Mosaïese ordinansies mense voorberei het vir Christus se bediening en hoe Christus die Middelaar is van die nuwe verbond (Alma 37:38–45; L&V 84:21–24). Hoofstuk 10 is ’n vermaning tot ywer en getrouheid. Hoofstuk 11 is ’n bespreking van geloof. Hoofstuk 12 gee vermanings en groete. Hoofstuk 13 vertel van die eerbare aard van die huwelik en die belangrikheid van gehoorsaamheid.