Afguns Sien ook Begeer; Jaloers, Jaloesie Volgens die skrifture, om iets te begeer wat aan ’n ander behoort, is verkeerd. Die aartsvaders was jaloers op Josef en het hom verkoop na Egipte toe, Hand. 7:9. Die liefde is nie jaloers nie, 1 Kor. 13:4 (Moro. 7:45). Afguns kom van verwaandheid, 1 Tim. 6:4. Waar afguns is, is daar wanorde en allerhande gemene dade, Jak. 3:16. Die Here het die mens beveel dat hulle nie afgunstig moet wees nie, 2 Ne. 26:32. Daar was geen afguns onder die mense van Nefi nie, 4 Ne. 1:15–18. Die afguns en woede van die mens was my algemene lot al die dae van my lewe, L&V 127:2.