Terrestriale Heerlikheid Sien ook Grade van Heerlikheid Die tweede van die drie grade van heerlikheid waarin mense sal woon na die Finale Oordeel. Paulus het ’n terrestriale heerlikheid gesien, wat vergelyk is met die heerlikheid van die maan, 1 Kor. 15:40–41. Joseph Smith en Sidney Rigdon het die terrestriale heerlikheid gesien, L&V 76:71–80. Die heerlikheid van die terrestriale oortref dié van die telestiale, L&V 76:91. Diegene wat nie die wet van ’n terrestriale koninkryk kan verduur nie, kan nie ’n terrestriale heerlikheid verduur nie, L&V 88:23, 30, 38.