Musiek Sien ook Gesang; Sing Melodieë en ritmes wat gesing en gespeel is sedert vroeëre Bybelse tye om vreugde, lof en aanbidding uit te druk (2 Sam. 6:5). Dit kan ’n vorm van gebed wees. Die psalms is waarskynlik gesing met eenvoudige melodieë en begelei deur instrumente. Mirjam, die suster van Aäron en Moses, het ’n tamboeryn geneem en sy en die vroue het gedans, Ex. 15:20. Die Leviete wat die sangers was, het simbale en harpe gehad en eenhonderd en twintig priesters het hulle trompette geblaas, 2 Kron. 5:12. Jesus en die Twaalf het na die Laaste Avondmaal ’n gesang gesing, Matt. 26:30. Leer en vermaan mekaar met psalms en gesange en geestelike liedere, Kol. 3:16. Het julle gevoel om die lied van verlossende liefde te sing, Alma 5:26. God se siel verbly hom in die lied van die hart, ja, die lied van die regverdige is ’n gebed, L&V 25:12. Prys die Here met sang, met musiek en met dans, L&V 136:28.