Gelaat Die algemene voorkoms van ’n persoon se gesig, wat dikwels geestelike houding en gemoedstoestand weerspieël. Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, Jes. 3:9. Die koning se gelaatskleur het verander, en sy gedagtes het hom verskrik, Dan. 5:6. Sy gedaante was soos weerlig, Matt. 28:3. Sy aangesig was soos die son, Openb. 1:16. Het julle God se beeld op julle aangesig ontvang, Alma 5:14, 19. Die gesigsuitdrukking van die koning het verander, Alma 18:12. Vas en bid met ’n blye hart en ’n opgeruimde gelaat, L&V 59:14–15. Sy gelaat het geskyn meer as die helderheid van die son, L&V 110:3.