Rots Sien ook Evangelie; Jesus Christus; Openbaring Figuurlik is dit Jesus Christus en sy evangelie wat ’n sterk fondament en ondersteuning is (L&V 11:24; 33:12–13). Rots kan ook verwys na openbaring waardeur God sy evangelie bekendmaak aan die mens (Matt. 16:15–18). Hy is die Rots, sy werk is volmaak, Deut. 32:4. Die Here is my rots; op Hom sal ek vertrou, 2 Sam. 22:2–3. ’n Klip het losgeraak sonder toedoen van mensehande, Dan. 2:34–35. Sy fondament was op die rots, Matt. 7:25 (3 Ne. 14:25). Jesus Christus is die steen wat deur julle verag is, Hand. 4:10–11. Daardie rots was Christus, 1 Kor. 10:1–4 (Ex. 17:6). Hy wat op die rots gebou is, ontvang die waarheid met blydskap, 2 Ne. 28:28. Die Jode sal die steen [Christus] verwerp waarop hulle kan bou, Jakob 4:15–17. Dit is op die rots van ons Verlosser wat ons ons fondament moet bou, Hel. 5:12. Wie op Christus se leringe bou, bou op sy rots en sal nie val as die storms kom nie, 3 Ne. 11:39–40 (Matt. 7:24–27; 3 Ne. 18:12–13). ’n Wyse man het sy huis op ’n rots gebou, 3 Ne. 14:24. As julle op my rots gebou is, kan die aarde en hel nie die oorhand kry nie, L&V 6:34. Hy wat op hierdie rots bou, sal nooit val nie, L&V 50:44. Ek is Messias, die Koning van Sion, die Rots van die Hemel, Moses 7:53.