Vertrou Sien ook Geloof, Glo; Vertroue Om op iets staat te maak of vertroue in iemand of iets te stel. In geestelike sake, sluit vertroue in om op God en sy Gees staat te maak. Al wil Hy my ombring—ek hoop op Hom, Job 13:15. Vertrou op die Here met jou hele hart, Spr. 3:5. God het sy diensknegte wat op Hom vertrou het verlos, Dan. 3:19–28. Ek sal op U vertrou vir altyd, 2 Ne. 4:34. Verheug julle en stel julle vertroue in God, Mosia 7:19. Wie ook al sy vertroue in Hom stel, sal op die laaste dag verhef word, Mosia 23:22. Wie ook al hulle vertroue in God sal plaas, sal gesteun word in hulle beproewings, Alma 36:3, 27. Vertrou nie op die arm van vlees nie, L&V 1:19. Plaas jou vertroue in daardie Gees wat lei om goed te doen, L&V 11:12. Laat hom in My vertrou en hy sal nie beskaam word nie, L&V 84:116.