Priesterlis Mense wat preek en hulleself voordoen as ’n lig vir die wêreld sodat hulle gewin en eer van die wêreld mag verkry; hulle soek nie die welsyn van Sion nie (2 Ne. 26:29). Hou toesig oor die kudde van God, nie om vuil gewin nie, 1 Petr. 5:2. Kerke wat opgebou word vir gewin moet afgebring word, 1 Ne. 22:23 (Morm. 8:32–41). As gevolg van priesterliste en ongeregtighede sal Jesus gekruisig word, 2 Ne. 10:5. Sou priesterlis op hierdie volk afgedwing word, sal dit lei tot hul algehele vernietiging, Alma 1:12. Die nie-Jode sal met alle soorte priesterlis gevul wees, 3 Ne. 16:10.