Om deur God geroepe te word is om ’n aanstelling of ’n uitnodiging te ontvang van Hom of sy behoorlik gemagtigde Kerkleiers om Hom te dien op ’n besondere wyse.
Hy het sy hande op hom gelê en hom ’n opdrag gegee, Núm. 27:23 .
Ek het jou ’n profeet gemaak, Jer. 1:5 .
Ek het julle gekies en julle aangestel, Joh. 15:16 .
Paulus was ’n geroepe Apostel, Rom. 1:1 .
Niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep is, Hebr. 5:4 .
Jesus is deur God geroep volgens die orde van Melgisédek, Hebr. 5:10 .
Ek is geroep om die woord van God te preek, volgens die gees van openbaring en profesie, Alma 8:24 .
Priesters is geroep en voorberei vanaf die grondlegging van die wêreld, Alma 13:3 .
As julle begeertes het om God te dien, is julle geroepe, L&V 4:3 .
Wees standvastig in die werk waartoe ek julle geroep het, L&V 9:14 .
Jy hoef nie te veronderstel dat jy geroep is om te preek totdat jy geroep is nie, L&V 11:15 .
Ouderlinge word geroep om die insameling van die uitverkorenes teweeg te bring, L&V 29:7 .
Niemand sal my evangelie verkondig of my Kerk opbou tensy hy geordineer is, L&V 42:11 .
Baie word geroep, maar min gekies, L&V 121:34 .