Amulek Sien ook Alma, Seun van Alma In die Boek van Mormon, ’n sendingmetgesel van Alma, seun van Alma. Is besoek deur ’n engel, Alma 8:20; 10:7. Het Alma ontvang in sy huis, Alma 8:21–27. Het met krag vir die volk van Ammoniha gepreek, Alma 8:29–32; 10:1–11. Was ’n afstammeling van Nefi, Lehi, en Manasse, Alma 10:2–3. Het van waarheid getuig, Alma 10:4–11. Het mense tot bekering geroep en is verwerp, Alma 10:12–32. Het met Zeesrom getwis, Alma 11:20–40. Het geleer van die opstanding, oordeel en herstelling, Alma 11:41–45. Wou marteling van gelowiges stopsit, Alma 14:9–10. Is met Alma gevange geneem, Alma 14:14–23. Het die toue waarmee hulle gebind was deur geloof gebreek, Alma 14:24–29. Het getuig van die Versoening, barmhartigheid, en geregtigheid, Alma 34:8–16. Het geleer van gebed, Alma 34:17–28. Het mense aangemoedig om nie bekering uit te stel nie, Alma 34:30–41. Die geloof van Alma en Amulek het gevangenismure laat tuimel, Ether 12:13.