Sagmoedig, Sagmoedigheid Sien ook Gebroke Hart; Geduld; Nederig, Nederigheid Godvresend, regverdig, nederig, onderrigbaar, en geduldig onder lyding. Die sagmoediges is gewillig om evangeliese leerstellings na te volg. Moses was baie sagmoedig, Núm. 12:3. Die nederiges sal die aarde besit, Ps. 37:11 (Matt. 5:5; 3 Ne. 12:5; L&V 88:17). Soek die Here, o alle nederiges, soek geregtigheid, soek nederigheid, Sef. 2:3 (1 Tim. 6:11). Leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, Matt. 11:29. Sagmoedigheid is ’n vrug van die Gees, Gal. 5:22–23. ’n Dienskneg van die Here moet vriendelik wees, bekwaam om te onderrig, geduldig en in sagmoedigheid die weerspanninge teregwys, 2 Tim. 2:24–25. ’n Sagmoedige en stille gees is baie kosbaar voor God, 1 Petr. 3:4. Lê die natuurlike mens af en word sagmoedig, Mosia 3:19 (Alma 13:27–28). God het Helaman beveel om die volk te leer om sagmoedig te wees, Alma 37:33. Die Here se genade is voldoende vir die sagmoediges, Ether 12:26. Julle het geloof in Christus vanweë julle sagmoedigheid, Moro. 7:39. Niemand is aanneemlik voor God nie behalwe die sagmoediges en nederiges van hart, Moro. 7:44. Die vergifnis van sondes bring sagmoedigheid, en vanweë sagmoedigheid kom die besoeking van die Heilige Gees, Moro. 8:26. Wandel in die ootmoed van my Gees, L&V 19:23. Regeer jou huis in ootmoed, L&V 31:9. Die mag of invloed van die priesterskap kan gehandhaaf word deur lankmoedigheid en sagmoedigheid, L&V 121:41.