’n Diepe gehegtheid en toegeneentheid. Liefde vir God sluit in gehegtheid, aanbidding, eerbied, teerheid, barmhartigheid, vergifnis, medelye, genade, diens, dankbaarheid en vriendelikheid. Die grootste voorbeeld van God se liefde vir sy kinders word gevind in die oneindige Versoening van Jesus Christus.
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, Joh. 3:16 (L&V 138:3 ).
Julle moet mekaar liefhê, soos Ek julle liefgehad het, Joh. 13:34 (Joh. 15:12, 17 ; Moses 7:33 ).
As julle My liefhet, bewaar my gebooie, Joh. 14:15 (L&V 42:29 ).
Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee, Joh. 15:13 .
Petrus, het jy my waarlik lief, meer as hulle hier? Laat my lammers wei, Joh. 21:15–17 .
Wie sal ons skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus is, Rom. 8:35–39 .
Wat die oog nie gesien het wat God berei het vir die wat Hom liefhet, 1 Kor. 2:9 .
Dien mekaar deur die liefde, Gal. 5:13 .
Mans, julle moet jul eie vroue liefhê, Efés. 5:25 (Kol. 3:19 ).
Moenie die wêreld liefhê nie, 1 Joh. 2:15 .
God is liefde, 1 Joh. 4:8 .
Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het, 1 Joh. 4:19 .
Christus ly vanweë sy liefdevolle teerheid teenoor die kinders van mense, 1 Ne. 19:9 .
Beur vorentoe met ’n liefde van God en van alle mense, 2 Ne. 31:20 .
Julle sal hulle leer om mekaar lief te hê en om mekaar te dien, Mosia 4:15 .
As julle gevoel het om die lied van verlossende liefde te sing, kan julle nou so voel, Alma 5:26 .
Word gelei deur die Heilige Gees en word geduldig, vol liefde, Alma 13:28 .
Beteuel al jou hartstogte, sodat jy vervul mag word met liefde, Alma 38:12 .
Daar was geen twis as gevolg van die liefde van God wat gewoon het in die harte van die volk nie, 4 Ne. 1:15 .
Alles wat ons nooi om God lief te hê word geïnspireer deur God, Moro. 7:13–16 .
Naasteliefde is die suiwere liefde van Christus, Moro. 7:47 .
Volmaakte liefde dryf vrees uit, Moro. 8:16 (1 Joh. 4:18 ).
Die liefde bekwaam die mens vir God se werk, L&V 4:5 (L&V 12:8 ).
Heiligmaking kom na al diegene wat God liefhet en dien, L&V 20:31 .
As jy my liefhet, dien my en onderhou my gebooie, L&V 42:29 (Joh. 14:15 ).
Betoon ’n vermeerdering van liefde teenoor hom wat jy reghelp of vermaan, L&V 121:43 .