Vlees Sien ook Liggaam; Natuurlike Mens; Sterflik, Sterflikheid; Vleeslik Vlees het verskeie betekenisse: (1) die sagte weefsel waarvan die menslike liggaam, diere, voëls en visse saamgestel is; (2) sterflikheid; of (3) die fisiese of vleeslike aard van die mens. Liggaamsweefsel Diere sal vir julle voedsel wees, Gén. 9:3. Diere moet nie onnodig gedood word nie, JSV, Gén. 9:10–11 (L&V 49:21). Diere en voëls is vir die mens om te eet en as klere te gebruik, L&V 49:18–19 (L&V 59:16–20). Ons moet vleis spaarsaam eet, L&V 89:12–15. Sterflikheid Jesus is die eniggebore van die Vader in die vlees, Joh. 1:14 (Mosia 15:1–3). Adam het die eerste vlees geword, Moses 3:7. Vleeslike aard van die mens Vervloek is die man wat vlees sy arm maak, Jer. 17:5. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak, Mark. 14:38. Die begeerlikheid van die vlees is nie uit die Vader nie, 1 Joh. 2:16. Nefi was bedroef vanweë sy vlees en sy goddelooshede, 2 Ne. 4:17–18, 34. Versoen julle nie met die duiwel en die vlees nie, 2 Ne. 10:24.