Getuies van die Boek van Mormon Sien ook Boek van Mormon; Getuie Die Here het andere behalwe die Profeet Joseph Smith beveel om te getuig van die goddelikheid van die Boek van Mormon (L&V 17; 128:20). Sien die getuienisse van hierdie getuies in die “Inleiding” voor in die Boek van Mormon. Deur die woorde van drie sal Ek my woord bevestig, 2 Ne. 11:3. Getuies om te getuig van sy woord aan die kinders van mense, 2 Ne. 27:12–13. In die mond van drie getuies sal hierdie dinge bevestig word, Ether 5:4. Deur geloof sal die Drie Getuies die plate sien, L&V 17.