Deur teenstand—beproewing, kwellinge en ellende—kan die mens baie ondervindings hê wat lei na geestelike groei en ewige ontwikkeling deur te keer na die Here.
God self het u gered uit al u teenspoed en u beproewinge, 1 Sam. 10:19 .
Hulle het tot die Here geroep in hulle kwellinge, Ps. 107:6, 13, 19, 28 .
Hoewel die Here julle die brood van teenstand gee, tog sal jou leraars nie weggeneem word nie, Jes. 30:20–21 .
As hulle nooit die bittere sal hê nie, kan hulle nie die soete ken nie, L&V 29:39 .
Jou teenspoed sal maar ’n kort oomblik wees, L&V 121:7–8 .
Al hierdie dinge sal jou ervaring gee, en sal vir jou beswil wees, L&V 122:5–8 .