Eer Sien ook Agting; Eerbied Soos dit normaalweg in die skrifture gebruik word, om respek en eerbied te toon aan iemand of iets. Eer jou vader en jou moeder, Ex. 20:12 (1 Ne. 17:55; Mosia 13:20). Vereer die Here uit jou goed, Spr. 3:9. As iemand My dien, sal die Vader hom eer, Joh. 12:26. Julle manne moet aan die vroulike geslag eer bewys, 1 Petr. 3:7. Net met hulle lippe eer hulle die Here, 2 Ne. 27:25 (Jes. 29:13). Ek soek nie na die eer van die wêreld nie, Alma 60:36. Die duiwel het in opstand teen My gekom en gesê, Gee my u eer, dit is my mag, L&V 29:36. Die getroues sal met eer bekroon word, L&V 75:5 (L&V 124:55). Die Here skep behae daarin om diegene te eer wat Hom dien, L&V 76:5. Hulle word nie gekies nie omdat hulle hunker na die eer van mense nie, L&V 121:34–35. Ons glo om die wet te eer en te onderhou, Gel. Art. 1:12 (L&V 134:6).