Mulek Sien ook Sedekía ’n Seun van die Ou Testamentiese koning Sedekía (ongeveer 589 v.C.). Volgens die Bybel is al die seuns van Sedekía gedood (2 Kon. 25:7), maar die Boek van Mormon maak dit duidelik dat Mulek oorleef het (Hel. 8:21). Zarahemla was ’n afstammeling van Mulek, Mosia 25:2. Die volk van Mulek het by die Nefiete aangesluit, Mosia 25:13. Die Here het Mulek na die land noord gebring, Hel. 6:10. Al Sedekía se seuns is gedood behalwe Mulek, Hel. 8:21.