Helaman, Seun van Alma Sien ook Alma, Seun van Alma; Anti-Nefi-Lehi’s; Helaman, Seuns van In die Boek van Mormon, die oudste seun van Alma, seun van Alma (Alma 31:7). Helaman was ’n profeet en ’n militêre leier. Alma het aan sy seun, Helaman, die kronieke van sy volk toevertrou asook die plate van die Jerediete, Alma 37:1–2, 21. Alma het vir Helaman beveel om voort te gaan en die geskiedenis van sy volk te skryf, Alma 45–62. Helaman het die Kerk hervestig, Alma 45:22–23. Tweeduisend jong Ammonitiese krygsmanne wou hê dat Helaman hulle leier moes wees, Alma 53:19, 22. Helaman en sy jong Ammoniete het geveg teen die Lamaniete en is bewaar deur geloof, Alma 57:19–27.