Gesang Sien ook Musiek; Sing ’n Lofsang aan God. ’n Gesang is deur die Twaalf Apostels gesing voordat die Here na Getsémané gegaan het, Matt. 26:30. Die Here het vir Emma Smith geroep om ’n versameling van gewyde gesange te maak, L&V 25:11. Die lied van die regverdige is ’n gebed tot My, en dit sal beantwoord word met ’n seëning op hulle hoofde, L&V 25:12. Loof die Here met gesang en met musiek, L&V 136:28.