Tong Sien ook Tale, Gawe van ’n Simbool vir spraak. Die Heiliges moet hulle tonge beheer, wat beteken dat hulle hul spraak moet beheer. Tonge verwys ook na taal en mense. Uiteindelik sal elke knie buig en elke tong voor God bely (Jes. 45:23; Rom. 14:11). Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, Ps. 34:14 (1 Petr. 3:10). Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede, Spr. 21:23. As iemand sy tong nie in toom hou nie, is die godsdiens van hierdie mens tevergeefs, Jak. 1:26. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ’n volmaakte man, Jak. 3:1–13. Die evangelie sal aan alle nasies, stamme, tale en volke verkondig word, Openb. 14:6–7 (2 Ne. 26:13; Mosia 3:13, 20; L&V 88:103; 112:1). Die Here gun aan al die nasies, van hulle eie nasie en tong, om sy woord te onderrig, Alma 29:8. Hierdie plate sal uitgaan na elke nasie, stam, tong en volk, Alma 37:4. Verkry my woord, en dan sal jou tong losgemaak word, L&V 11:21. Elke mens sal die volheid van die evangelie in sy eie tong hoor, L&V 90:11.