Kennis en ’n geestelike getuienis wat gegee is deur die Heilige Gees. ’n Getuienis kan ook ’n amptelike (of wettige) verklaring wees van wat ’n persoon as die waarheid gewaar (L&V 102:26 ).
Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here nie, 2 Tim. 1:8 .
Die getuienis van Jesus is die gees van die profesie, Openb. 19:10 .
Staan as getuienis van God te alle tye, Mosia 18:9 .
Daar was geen manier om die volk te herwin anders as om met suiwere getuienis teen hulle neer te kom nie, Alma 4:19–20 .
Ek het alle dinge as ’n getuienis dat hierdie dinge waar is, Alma 30:41–44 .
Julle ontvang geen getuienis tot ná die beproewing van julle geloof nie, Ether 12:6 .
Het Ek nie vrede tot julle verstand gespreek nie? Watter groter getuienis kan julle hê as van God, L&V 6:22–23 .
En nou, na die baie getuienisse wat van Hom gegee is, is dit die getuienis wat ons gee, L&V 76:22–24 .
Ek stuur julle uit om te getuig en die mense te waarsku, L&V 88:81–82 .
Die testateure is nou dood, en hulle testament is van krag, L&V 135:4–5 .
Henog het engele gesien wat van die Vader en die Seun getuig, Moses 7:27 .
Alhoewel ek gehaat en vervolg was omdat ek gesê het dat ek ’n visioen gesien het, tog was dit waar, JS—G 1:24–25 .