Aanbid Sien ook God, Godheid Liefde, eerbied, diens en toewyding tot God (L&V 20:19). Aanbidding sluit gebed, vas, diens in die kerk, deelname aan evangeliese ordinansies en ander praktyke in wat toewyding tot en liefde vir God toon. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie, Ex. 20:3 (Ex. 32:1–8, 19–35; Ps. 81:9). Aanbid die Vader in gees en in waarheid, Joh. 4:23. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde gemaak het, Openb. 14:7 (L&V 133:38–39). Aanbid Hom met al julle mag, verstand en krag, 2 Ne. 25:29. Hulle het in Christus geglo en het die Vader in sy Naam aanbid, Jakob 4:5. Zenos het geleer dat mense in alle plekke moes bid en aanbid, Alma 33:3–11. Aanbid God in watter plek julle ook al mag wees, in gees en in waarheid, Alma 34:38. Die mense het voor Jesus se voete neergeval en Hom aanbid, 3 Ne. 11:17. Alle mense moet bekeer, in Jesus Christus glo, en die Vader in sy naam aanbid, L&V 20:29. Ek gee aan julle hierdie woorde sodat julle mag verstaan en weet hoe om te aanbid, en weet wat julle aanbid, L&V 93:19. Net hierdie een God sal ek aanbid, Moses 1:12–20. Ons eien ons die voorreg toe om die Almagtige God te aanbid, Gel. Art. 1:11.