Graf Sien ook Opstanding Die plek waar die oorlede sterflike liggaam begrawe word. Vanweë die Versoening sal elkeen opstaan uit die graf. Na Christus se opstanding is die grafte geopen en baie liggame het opgestaan, Matt. 27:52–53 (3 Ne. 23:9–13). Doderyk, waar is jou oorwinning, 1 Kor. 15:55. Die graf sal sy dooies oorgee, 2 Ne. 9:11–13. Hulle wat in die grafte geslaap het sal uitkom, L&V 88:97–98. ’n Doopvont is ’n simbool van die graf, L&V 128:12–13.