Hart Sien ook Gebroke Hart; Wedergebore, Gebore uit God ’n Simbool van die denke en wil van die mens en die figuurlike bron van alle emosies en gevoelens. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, Deut. 6:5 (Deut. 6:3–7; Matt. 22:37; Lk. 10:27; L&V 59:5). Die Here het vir Hom ’n man na sy hart gesoek, 1 Sam. 13:14. Die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan, 1 Sam. 16:7. Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, sal staan in sy heilige plek en seën wegdra, Ps. 24:3–5 (2 Ne. 25:16). Soos hy in sy siel bereken, so is hy, Spr. 23:7. Elía sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hul vaders, Mal. 4:5–6 (Lk. 1:17; L&V 2:2; 110:14–15; 138:47; JS—G 1:38–39). Geseënd is die wat rein van hart is, Matt. 5:8 (3 Ne. 12:8). Die mens bring die goeie of die slegte uit sy hart, Lk. 6:45. Volg die Seun met volle voorneme van hart, 2 Ne. 31:13. Is julle geestelik uit God gebore en het julle hierdie geweldige verandering ondervind in julle harte, Alma 5:14. Offer aan die Here ’n offerande van ’n gebroke hart en ’n verslae gees, 3 Ne. 9:20 (3 Ne. 12:19; Ether 4:15; Moro. 6:2). Ek sal jou in jou verstand en in jou hart vertel, deur die Heilige Gees, L&V 8:2.