Salwing van die Siekes Sien ook Genees, Genesings; Hande, Oplegging van; Olie; Priesterskap; Salf ’n Seëning gegee aan die siekes deur mans wat die Melgisédekse Priesterskap hou, wat die gebruik van gewyde olie insluit. Lê u hand op haar, Matt. 9:18. Jesus het sy hande op ’n paar siek mense gelê en hulle genees, Mark. 6:5. Christus se Apostels het baie mense met olie gesalf wat siek was en hulle genees, Mark. 6:13. Die ouderlinge moet die siekes salf en genees, Jak. 5:14–15. Julle sal nie die siekes genees tensy dit van julle gevra word deur hulle wat dit begeer nie, L&V 24:13–14. Ouderlinge sal hulle hande lê op die siekes, L&V 42:44. Lê julle hande op die siekes, en hulle sal herstel, L&V 66:9.