Lewe Sien ook Ewige Lewe; Lig, Lig van Christus Stoflike en geestelike bestaan wat moontlik gemaak word deur die mag van God. Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, Deut. 30:15–20. U sal my die pad van die lewe bekend maak, Ps. 16:11. Hy wat geregtigheid najaag, sal die lewe vind, Spr. 21:21. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind, Matt. 10:39 (Matt. 16:25; Mark. 8:35; Lk. 9:24; 17:33). Die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red, Lk. 9:56. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense, Joh. 1:4. Wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het oorgegaan uit die dood in die lewe, Joh. 5:24. Ek is die weg en die waarheid en die lewe, Joh. 14:6. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense, 1 Kor. 15:19–22. Godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het, 1 Tim. 4:8. Ons kinders mag vooruitsien na daardie lewe wat in Christus is, 2 Ne. 25:23–27. Hierdie lewe is die tyd vir die mens om voor te berei om God te ontmoet, Alma 34:32 (Alma 12:24). Ek is die lig en die lewe van die wêreld, 3 Ne. 9:18 (Mosia 16:9; 3 Ne. 11:11; Ether 4:12). Geseënd is hulle wat getrou is, of dit in die lewe of in die dood is, L&V 50:5. Dit is ewige lewens—om God en Jesus Christus te ken, L&V 132:24. Dit is my werk en my heerlikheid—om die onsterflikheid en die ewige lewe van die mens teweeg te bring, Moses 1:39.