Getuig Sien ook Getuienis Om te getuig deur die mag van die Heilige Gees; om ’n plegtige verklaring te maak van waarheid wat op persoonlike kennis of geloof gebaseer is. Die Trooster sal van My getuig, Joh. 15:26. Hy het ons beveel om te verkondig en te getuig, Hand. 10:42. Drie getuies sal van die waarheid getuig, 2 Ne. 27:12. Die mag van die Heilige Gees dra dit in die harte van die kinders van mense, 2 Ne. 33:1. Die skrifture getuig van Christus, Jakob 7:10–11 (Joh. 5:39). Ek getuig aan julle dat ek wel weet dat hierdie dinge waarvan ek gespreek het, waar is, Alma 5:45 (Alma 34:8). Julle moet daarvan getuig deur die krag van God, L&V 17:3–5. Dit wat die Gees tot julle getuig, moet julle doen, L&V 46:7. Ek stuur julle uit om te getuig en te waarsku, L&V 88:81.