Gérubs Figure wat hemelse wesens voorstel, waarvan die presiese vorm onbekend is. Gérubs was aangestel om heilige plekke te bewaak. Die Here het gérubs geplaas om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, Gén. 3:24 (Alma 12:21–29; 42:2–3; Moses 4:31). Simboliese voorstellings van gérubs is op die versoendeksel geplaas, Ex. 25:18, 22 (1 Kon. 6:23–28; Hebr. 9:5). Gérubs word genoem in die visioene van Eségiël, Eség. 10; 11:22.